Page 15

Elite skoolfonds pakket - R200 per kind per maand
Standaard Skoolfondspakket - Glyskaal per kind per maand. R100 vir die eerste kind,
R80 vir die tweede, R60 vir die derde en so aan. Hierdie pakket is in ruil vir sekere
dienste gelewer.
Gedeeltelike vrystelling - Skoolfonds bereken volgens 'n standaard formule gebasseer
op die inkomste van die ouers/voog onderhewig aan sekere bepalings.
Aansoekvorms by die skool beskikbaar.
Algehele vrystelling - Skoolfonds bereken volgens 'n standaard formule gebasseer op
die inkomste van die ouers/voog onderhewig aan sekere bepalings. Aansoekvorms
by die skool beskikbaar.
Afbetaling
Skoolfooie kan afbetaal word teen 10 gelyke betalings per maand.
Afslag
Indien skoolfonds teen 30 Arpil ten volle betaal word, word 'n afslag toegestaan
Indien skoolfonds voor of op die eerste skooldag betaal word, word 'n groter afslag
toeestaan.
Rente op agterstallige skoolfooie
Agterstallige skoolfonds word 10% rente per agterstallige bedrag per maand gehef.
Uitsluitings
Ekstra klasse soos bv, Future Kids
Sport, sosiale en opvoedkundige toere
Dienste in lieu vir skoolfooie
Die "in lieu" dienste moet verrig word teen 10 dienste per jaar (een per maand)
Spesialisdienste kan ter vervanging van enige kategorie dienste aangewend word
Voorbeelde van kategoriee
Fondsinsameling - Sportbyeenkomste, Projekte (bv. Kermisse),Ander
projekte,Borge en ander
Instandhouding - Geboue en terrein, Kantoortoerusting, Meubels,
Veiligheidstoerusting, Ander instandhouding
Administratief - Admin dienste, Skoolfonds invordering, Toesig en personeelhulp,
Ander administratiewe dienste en ander
Spesialisdienste Noodhulp, Verkeersreelings, Veilgheidsdienste,
Ondersteunersklub en ander

Verdere afslag – Afslag kan ook gegee word aan leerlinge wat buitengewone
prestasies behaal op akademiese, kulturele en sport gebied. Die beleid en puntestelsel
vir veelsydige toekennings aan leerlinge word hier gebruik as maatstaf.